Bloemfonteiner vrygelaat op borgtog ná nefie se moord

0
159
FOTO: 123rf.com

Die man wat na bewering sy nefie in ’n kompleks in Bloemfontein se noordelike voorstede doodgeskiet het, het Dinsdag (14/5) in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en moet op 19 Junie weer in die hof verskyn. Die ondersoek duur voort.

Vusumzi Belle (42) word van moord aangekla nadat hy Katleho Motloung (26) na bewering doodgeskiet het, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder in die Vrystaat en Noord-Kaap.

‘Motloung is op die toneel dood’

Die polisie is Saterdagaand (11/5) na  ’n kompleks in Calliopestraat in Pentagon Park ontbied. “Die polisie het by die toneel opgedaag en Motloung se ma het hulle na ’n kamer gelei waar haar seun gelê het,” sê, Thabo Covane, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Volgens haar het ’n woordewisseling tussen die seun en sy oom ontstaan. “Gedurende die rusie het Belle na bewering sy gelisensieerde vuurwapen uitgehaal en die slagoffer twee keer geskiet.

“Motloung is op die toneel dood. Sy oom is in hegtenis geneem en was tot vandag in aanhouding,” sê Covane.

OFM Nuus/ Heidrè Malgas