Bloemfonteiner vereer met 2015 se ‘Afrika se Invloedrykste Vroue in Besigheid & Bestuur’-toekenning

0
766

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het aangekondig dat KANSA se Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) en Hoof Operasionele Beampte (HOB), Elize Joubert, op Dinsdag 28 Julie twee toekennings ontvang het in 2015 se ‘Afrika se Invloedrykste Vroue (AIV) in Besigheid & Bestuur-Toekennings’ – ‘Wenner van Suid-Afrika’ en wenner van die ‘Suidelike SADC-Streek’ in die kategorie ‘Welsyn- en Burgerlikebestuur-Organisasies’.

Die AIV het die afgelope paar jare aansienlik ontwikkel tot ‘n prominente deel van die Suid-Afrikaanse en Afrika-sakekalender wat voorsiening maak vir die erkenning van vroue in die sakewêreld. Die AIV-toekenning verleen erkenning aan vroue in verskeie sektore in die sakewêreld vroue wat ‘n positiewe bydrae gemaak het in hul organisasie, streek en die land.
“Ek voel baie geëerd om die erkenning te kry en ek beloof my voortgesette verbintenis aan gesondheids- en maatskaplike kwessies ten bate van ons gemeenskappe. My beloning is inderdaad die ontwikkeling van die gemeenskappe self deur middel van hulp en ondersteuning van organisasies soos KANSA,” sê Joubert.

Elize Joubert het in 1984 cum laude gegradueer aan die Universiteit van Pretoria met haar BA in Maatskaplike Werk en later haar meestersgraad behaal. Sy het haar loopbaan in 1990 by KANSA begin waar sy aangestel is as KANSA se Provinsiale Hoof van die Vrystaat en Noord-Kaap. Sy is later bevorder tot Provinsiale Direkteur van KANSA en sy is nou Hoof Operasionele Beampte sowel as Waarnemende Hoof Uitvoerende Beampte van KANSA.

Tydens haar loopbaan by KANSA het mev Joubert die Kankervereniging van Suid-Afrika verteenwoordig by die eerste, tweede, vierde en sewende Internasionale Konferensies vir Kankerverenigings regoor die wêreld. In 1999 was was sy die gasvrou en organiseerder van die eerste Internasionale Unie Teen Kanker-Konferensie in Afrika. Op die konferensie verteenwoordigers van 13 lande. As ‘n Raadslid van beide die Suid-Afrikaanse Nie-oordraagbare Siektes-Alliansie en die Kanker-Alliansie speel sy ‘n rol in die sake van nasionale en internasionale kanker- en nie-oordraagbaresiektesorganisasies.

Elize Joubert en die ander Afrika-streekswenners staan ‘n kans om later vanjaar vereer te word met die Kontinentale Toekenning.