E Copy

Date:

Bloemfonteiner stap weg as Entrepreneur van die Jaar

‘n Gebore Bloemfonteiner en eienaar van Agricon het vanoggend stof in 212 deelnemers se oë geskop toe hy as die Sanlam en Business Partners se Entrepreneur van die Jaar weggestap het.
Johan Eksteen, wat ook in 2014 die Kleinsake-entrepreneur van die Jaar-titel gewen het, het vanoggend die prys ontvang tydens ‘n geleentheid in Johannesburg. Die kompetisie gee erkenning aan die visie, vernuwing, en toewyding van mense wat klein- en middelslagondernemings suksesvol bestuur. Vanjaar se 213 inskrywings is 40% meer as verlede jaar s’n.
Eksteen, wat in die ontwerp en vervaardiging van verpilling-toerusting spesialiseer, sê hy het in 2014 ‘n doelwit vir homself gestel om met dié gesogte titel weg te stap.

“Eerstens is ek baie, baie trots om ‘n Vrystater te wees en tweedens, om hierdie nasionale toekenning te kry. Die kompetisie was verskriklik sterk. Ek het al reggemaak om uit te stap, toe kry ek die toekenning. So ek is baie bly. Ek glo elke dag moet jy jou beste gee vir jou besigheid. Jy moet die deursettingsvermoë hê om elke dag hard te werk. Jy moet nie deur probleme en moeilikhede afgesit word nie, maar dit liewer as geleenthede sien,” sê Eksteen.

Eksteen ontvang R100 000 en die geleentheid om ’n internasionale konferensie of handelstentoonstelling by te woon. – Mark Steenbok

mark@centralmediagroup.co.za

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...