Bloemfonteiner staan op vir pa’s se regte

0
1171
Wimpie Bartheil en sy dogtertjie Zanicke Bartheil.

In ‘n gejaagde wêreld waar daar vir baie dinge nie, nie meer tyd is, misluk baie verhoudings dikwels. Wanneer daar egter ‘n kind by betrokke is, word die vraag gevra, hoe dan gemaak?

Wanneer huwelike skeefloop moet daar besluit word na watter ouer die kind gaan as hy of sy minderjarig is. In meeste gevalle word toesig deur die hof aan die ma gegee. Dikwels raak dinge suur tussen die ouers en kan dit gebeur dat daar geweier word dat een van die ouers die kind sien.

‘n Bloemfonteiner, Wimpie Bartheli, stem nie saam met die reg nie en veg vir die regte van alle alleenouers wat volgens hom te na gekom word deur die ander ouer. Hy veg ook vir geslagsgelykheid.

Bartheli het al self ‘n stel afgetrap na ‘n vete tussen hom en sy eks-vrou, daarom het hy besluit om vir alleenouers se regte op te staan en terug te baklei. Hy het by die Geregtigheid- en Versoeningsentrum betrokke geraak en bied deesdae werksessies aan vir ouers wat hulle in dieselfde situasie bevind.

Op Saterdag 2 Februarie word ‘n werksessie aangebied waar gefokus word op die misbruik van beskermingsbevele.

“Ons gaan die wet op huishoudelike geweld bespreek, asook hoe die wet misbruik word om beskermingsbevele te kry. Die wet word dikwels misbruik om volle toesig oor ‘n kind te kry. Die program sal jou leer hoe om vroeë tekens uit te ken en hoe om dit te vermy,” het Bartheli verduidelik.

“Kom luister na my en ander ouers se getuienis oor hoe sulke vals gerugte jou verhouding met jou kind kan benadeel. As jy weer sien, word jy uit jou kind se lewe verwyder. Enigiemand, van ouers tot advokate, sosiale werkers en pastore, is welkom om die oggend van 09:00 af by die Langenhovenpark-biblioteek die gratis werkswinkel by te woon om ‘n bietjie perspektief te kry.”

As jy die geleentheid wil bywoon, besoek https://stoptheabuse.eventbrite.com of kontak vir Wimpie by wimpie@thejrc.co.za of 081-740-6029. – Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za