E Copy

Date:

Bloemfonteiner spoor sub B-juffrou op ná 46 jaar

Die invloed wat ’n onderwyser op ’n kind se lewe het, kan soms veel verder strek as net akademiese prestasie. Dit kan jou lewenslank bybly.

Daarvan kan PC Bester (62) van Bloemfontein getuig. Hy het onlangs sy sub B-juffrou, Lynette Greybe (84), wat vir hom in 1969 klas gegee het, opgesoek en by haar gaan kuier. Bester was destyds op Excelsior op skool en het in 1978 sy skoolloopbaan in Bloemfontein voortgesit. Dit was ook die laaste keer wat hy haar gesien het of kontak met haar gehad het.

“Daar het dus ongeveer 46 jaar verloop vandat ek haar laas gesien het.” Hy sê ’n kennis het hom onlangs vertel dat sy Greybe se hare by die Westerbloem-aftreeoord in Bloemfontein gesny het. Bester was so bly om te hoor sy is nog gesond.

Lynette Greybe (84). Foto verskaf

“Ek het net daar besluit ek moet haar gaan besoek.”

Bester sê die besoek was vir hulle albei emosioneel. Sy het dit hoegenaamd nie verwag nie. “Ek het sommer ’n traan of twee weggepink.” Hy vertel hulle is albei nog altyd baie lief vir sing en Bester sing nou nog in ’n koor. “Sy het haar Liedboek uitgehaal en ons het ’n lied saam gesing.”

Bester sê in ’n mens se kinderjare is die mense wat ’n indruk op jou lewe maak, die mense wat jou iets leer en iets kan gee. Dit is wat ’n mens onthou, die sout van die aarde. “Onderwysers van ons generasie het met hulle opvoeding aan ons ons land se toekoms bepaal. Ons sal hulle altyd onthou. Juffrou Lynette was een van hulle.”

Die kuier was so lekker. “Ons het lekker gesels. Dit was ’n onvergeetlike ervaring.”  Hy beplan beslis om weer te gaan kuier.

OFM Nuus/Karen van der Berg

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...