Bloemfonteiner in SA Davisbeker

0
73
Philip Henning, wat in Amerika vir die Universiteit van Georgia speel, maak 'n terugkeer na die Suid-Afrikaanse Davisbeker-span FOTO: GALLO

Die 20-jarige Bloemfonteiner, Philip Henning, is by die Suid-Afrikaanse Davisbekerspan ingesluit wat aanstaande week teen Venezuela in aksie sal wees.

Suid-Afrika en Venezuela sal mekaar op 18 en 19 September by die neutrale West Side-tennisklub die stryd aansê in ‘n Wêreldgroep II-kragmeting.

Henning, wat tans in Amerika studeer, is geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse span nie en het telkemale reeds sy land verteenwoordig.

Hy het egter Suid-Afrika se vorige Davisbeker-kragmeting teen Bosnië en Herzegowina misgeloop.

Henning studeer tans aan die Universiteit van Georgia in die VSA.

Die ander spelers in die sterk Suid-Afrikaanse span is op die oomblik die wêreld se nommer 35-speler, Lloyd Harris, asook Raven Klaasen, Ruan Roelofse and Sipho Montsi.

Die span word vir die eerste keer deur Christo van Rensburg aangevoer. – MORGAN PIEK