Bloemfontein-wateronderbreking: Hoofsaaklik die noorde wat geraak sal word

0
605

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Mangaung-metro sê die onderbreking van watertoevoer Vrydag in hoofsaaklik die noordelike dele van Bloemfontein is tot die voordeel van inwoners, sakelui en belanghebbendes.

Volgens metro-woordvoerder, Qondile Khedama, sal die wateronderbreking, wat sowat 12 ure duur, plaasvind weens ‘n waterpomp wat by die Maselspoort-watersuiweringsaanleg geinstalleer word.

Die wateronderbreking vind môre van 06:00 tot 18:00 plaas. Verbruikers word gevra om geduldig te wees.