Bloemfontein veldbrand geblus

0
567
Patrick Fortuine. PHOTO: OFM News/Blaine Jones

Inwoners in die Shannon-vallei gebied in Bloemfontein is verlig, nadat ‘n veldbrand hier geblus is.

Volgens OFM Nuus het die veld Donderdagmiddag begin brand, wat gelei het tot digte rook wolke wat van ‘n afstand af oor die stad sigbaar was.

Die OFM-Nuus span, wat by die toneel was, berig dat die brand vinnig vererger het, weens bome en gras in die gebied.

‘n Inwoner van die area, Patrick Fortuine, sê hy was gebel was om huis toe te gaan toe die brand bein het, en sê dit was vir hom skokkend om te sien hoe groot ‘n gebied van die veld aan die brand was.

Fortuine sê as hy nie help probeer het om die brand te blus nie, sou sy huis moontlik afgebrand het. Hy sê verder die brand het die veld verwoes.

In hierdie stadium is dit onbekend oor hoe die brand begin het, en brandbestryders was ook op die toneel.

OFM-nuus/Blaine Jones