Brebner High School: Moot Court

Two learners from Brebner High School, Tsoelopele Mofokeng (gr. 10) and Zhiglene De Vries (gr. 9), represented the school at the Free State Schools Moot Court Competition. Their team ended as runners up of the competition judged in the Constitutional Court by a panel of eleven judges.
Grey Kollege: Visvang

AD Roux, ’n leerder van Grey Kollege, was deel van die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengelfederasie se 2025 Junior o.19-toer. Hy het ’n brons medalje verower.
Saint Andrew’s School: Gymnastics

Emmanuel Girmay from the St. Andrew’s School obtained three gold medals at the National Trampoline Gymnastics Championships. Representing the Free State Emmanuel earned his gold medals in the Euro Trampoline, Synchronised Trampoline, and Double-mini-Trampoline divisions.
President Brand Primêr: Pluimbal

Drie leerders van die President Brand Primêr het in die skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Pluimbalkampioenskap deelgeneem. Marlie Dednam, Shaun Dednam en Bronwynn Shute was deel van die Vrystaatse span in die o.17-afdeling. Bronwynn was in die derde plek en Shaun in die negende plek.
Primêre Skool Universitas: Spelkompetisie

Mia Adonis van die Primêre Skool Universitas het die Vrystaat verteenwoordig in die nasionale ronde van die WOW-spelfees. Mia het goed gevaar en tot die tiende ronde deurgedring.
Hoërskool Fichardtpark: Dans

Megan Muller van die Hoërskool Fichardtpark het die naweek aan die South African Dance Teachers’ Association Ultimate Summer Challenge deelgeneem. Sy spog met verskeie medaljes insluitend twee silwer en een brons.






