E Copy

Date:

Bloemfontein-matrikulant hardloop saam met Wayde

Bertie Cruywagen, ’n matrikulant van Hoërskool Jim Fouché, het by die 2024 Atletiek Suid-Afrika (ASA) Senior atletiekbyeenkoms teen wêreldrekordhouer en medeBloemfonteiner, Wayde van Niekerk, aan die 200m wedloop deelgeneem.

Die jong atleet het in die buitebaan sewende teen die seniors geëindig. Hy bevind homself nou in die sesde posisie op die onder-20 mans wêreldranglys vir 200 meter atlete.

Volgens Cruywagen het sy fokus al meer as eenkeer verskuif. “Ek het al atletiek begin doen van graad drie af,” het hy vertel.

“My liefde vir atletiek het eers by hoogspring begin, toe skuif dit aan na verspring, en hekkies.” Cruywagen het in 2023 eers begin fokus op 200m-wedlope, en toe sy liefde daarvoor gevind. Hy het in Maart ook op die ASAbyeenkoms in Pretoria ’n derdeplek in die 200m vir mans onder-20 verower.

As ’n kortafstand-spesialis voel Cruywagen hy is op die regte pad.

“Ek is ongelooflik lief vir die 200 meters, omdat dit vir my makliker is om my spoed ten volle te gebruik met my lengte,” het hy vertel. En in verband met sy wedloop teen sterre soos Van Niekerk en Benjamin Richardson, glo Cruywagen dat hy klaar is waar hy hoort.

“Ek het gevoel dat ek eintlik op die regte plek is saam met die sterre,” het hy vertel. “Dit het gevoel of ek daar hoort en om saam [met Van Niekerk] te hardloop, na wie ek al van kleintyd af opgekyk het, het my trots en dapper laat voel.”

Bertie Cruywagen (links) hardloop die ASA 200m finaal teen sterre soos Wayde van Niekerk. FOTO: VERSKAF

Cruywagen se volgende doelwit is om sy Springbok-kleure vir atletiek te kry, en veral sy 200m wedlooptyd so laag as moontlik te kry. Hy droom selfs nóg groter. “

Ek wil graag eendag die vinnigste Suid-Afrikaanse 200 meter atleet wees en ook aan die Olimpiese Spele deelneem,” het die jong atleet verduidelik.

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...