Bloemfontein Mannekoor hou formele onthaal

0
256
Die Bloemfontein Mannekoor se leier, Ansphi van der Walt

Die Bloemfontein Mannekoor hou ‘n spoggerige formele onthaal met die tema “Formal with a touch of Spice” en nooi graag die inwoners van Bloemfontein om hulle te ondersteun en die geleentheid by te woon.

Die koorleier, Ansphi van der Walt, het aan Bloemfontein Courant gesê dat kunstenaars soos die komediant Barry Hilton, Wilhelm Lichtenberg, die Grey-kollege Boere-orkes en die Bloemfontein Mannekoor by die geleentheid gaan optree wat ‘n viergangmaal, verwelkomingsdrankies en wyn op die tafels inluit. Dit kos R5 000 per tafel van 10 persone.

“’n Veiling van eksklusiewe wyne, skilderye van die bekende skilder, Maria, en sportfoto’s deur die bekende afslaer, Barney Girnum van MSC Sports, is ook op die spyskaart.”
Van der Walt sê die geleentheid word aangebied om fondse vir die Mannekoor in te samel vir ‘n moontlike toer oorsee en vind plaas op 13 Julie by die Makarios Country Lodge op die Abrahamskraalpad sowat 2 km uit die stad. Sy moedig mense aan om vinnig te spring en hul tafels vroegtydig te bespreek.

“Nooi al jou vriende en kom geniet ‘n genoeglike aand saam met die Bloemfontein Mannekoor. Tafels word vinnig minder, so moenie teleurgestel word nie.”
Om kaartjies te kry, Lucille Cairns by 082-976-7778 gekontak word.

SAZLY HARTZENBERG
sazly@centralmediagroup.co.za