Bloemfontein kinderkoor bekoor inkopiegangers

0
3240
​Besoekers aan Mimosa Mall in Bloemfontein is laat gistermiddag met die soet stemme van die Bloemfontein kinderkoor trakteer, toe die koor aan ‘n flash mob deelgeneem het.
Ongeveer twintig lede van die jong sangers het ‘n onverwagse vertoning van die Koos Kombuis-treffer, Lisa se klavier, in die restourantarea van die inkopeisentrum opgevoer, en toe skielik weer tussen die res van die inkopiegangers verdwyn.
Koorafrigter, Huibrie Verster, sê die vertoninkie was ‘n poging om Bloemfonteiners bietjie lus te maak voor die koor se deelname aan die Moments skouspel. Die skouspel vind op 22 en 23 April in die Sand Du Plessis plaas, en sluit buiten die kinderkoor ook optredes deur Sonja Herhold, Eloise Cupido en die Willie Venter Dansers in.
Verster sê die koor werk ook hard om hulself voor te berei vir ‘n toer na Noord-Amerika
“Hierdie ding waar ons nou in Kanada gaan deelneem is nou uit en uit ‘n koorkompetisie. Dan kan die kinders nou sien hoe ver staan hulle agter of is hulle in die middel of is hulle dalk bietjie voorerig,” lag sy. “So ons hoop maar dis so ‘n bietjie voorerig. Ons probeer ons bes, dis hoekom ons ook baie hard werk.”
Die koor oefen daagliks van 9:00 soggens tot 17:00 in die middag om seker te maak hul sang en danspassies is reg vir Kanada.
BLOEMFONTEINCOURANT