E Copy

Date:

Bloemfontein-fietsryers na Spanje

RUFUS BOTHA

'n Groot geleentheid het oor 11 van Bloemfontein en die Vrystaat se voorste fietsryers se pad gekom. Dié 11 jaers, wat almal betrokke is by die FSSSI (Free State Sports Science Institute), is danksy onderhandelinge tussen laasgenoemde en die Spaanse fietsryvereniging op pad na 'n unieke oefenkamp in Spanje. 

Drie van die fietsryers, Damean Oosthuizen en Heinrich en George Stroebel maak boonop deel uit van die 2016-Aerotech Bloemfontein Courant-fietsryspan. Die oefenkamp (15 tot 24 Januarie) vind plaas in Benidorm (Spanje) en een van die doelwitte is om hulle slaggereed te kry vir die Suid-Afrikaanse padwedrenkampioenskap wat Februarie beslis word. Die eerste groot toets wat dié jaers egter ná die kamp in Spanje sal smaak, is die eerste been van die Suid-Afrikaanse XCO-bekerreeks wat reeds op 30 Januarie plaasvind.

Ander jaers wat die oefenkamp in Spanje gaan bywoon is Maricel Bekker, Estie Potgieter, Eckhard Binding, Francois Annandale, Martin van der Westhuizen, Pieter-Ben Korkie, Rinus Maarsingh en Juan Odendaal.

Die voorsitter van Vrystaat Fietsry, Dercksen Olivier het aan Courant gesê: "Dis 'n uitstekende geleentheid vir dié 11 fietsryers om in Spanje te gaan leer. Die FSSSI het hier 'n groot bydrae gelewer en is reeds besig om te kyk na die moontlikheid dat van die Spaanse jaers ook by ons 'n draai kom maak om kennis uit te ruil. Daar word op die lang termyn jaarlikse interaksie tussen FSSSI, Vrystaat Fietsry en die Spaanse fietsryvereniging beoog. In Spanje gaan baie aandag gegee word aan verskeie toetse, veral die korrekte opstelling van ons jaers se fietse, asook trapaksies en tegnieke wat klaarblyklik nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie."

Die Bloemfonteiners gaan ook blootgestel word aan interaksie en lesings wat die Spaanse professionele span, Caja Rural, gaan behartig. Intussen is bekend gemaak dat een van die land se talentvolste jong fietsryers, die 12-jarige Chanté Olivier, haar by die 2016-span van Aerocare Bloemfontein Courant aangesluit het. Sy het 'n uitmuntende 2015-seisoen beleef en het onder meer die Suid-Afrikaanse padkampioenskap (tydtoets) vir meisies onder 12 beklink.

Olivier het by die Suid-Afrikaanse baankampioenskap nie minder nie as vier goue medaljes gewen en twee hiervan was in Suid-Afrikaanse rekordtye. Die res van die Aerocare Bloemfontein Courant se fietsryspan vir 2016 is Damean Oosthuizen, Michael Pretorius, Michael Blignaut, Daniël Stroebel, Heinrich Stroebel en Rinus Maarsingh.

Previous article
Next article

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...