Bloemskou-personeel het soos die res van die land, vroeg vanoggend vergader en hul 67 minute
spandeer ter herdenking aan Nelson Mandela. Vanjaar is ontbyt gemaak vir die veiligheids- en
terreinpersoneel op die skouterrein.
Hierdie gebaar is verder uitgebrei na die gemeenskap van Bainsvlei waar kruideniersware,
skryfbehoeftes en speelgoed gelewer is aan Lerato Kleuterskool wat die enigste dagsorgsentrum in die
gebied is. Die kleuterskool word bedryf deur Aletta Ntsioa, en het sy deure in 1995 oopgemaak ten einde
die gemeenskap op te hef en bied ‘n veilige hawe vir kinders, veral diegene wat nie ouers het nie. Aletta
is geen vreemdeling vir gemeenskapsdiens nie, sy is ook ‘n gekwalifiseerde predikant en het nie toegelaat
dat haar agtergrond of enige situasie haar terughou nie. In 2005, was Aletta gekies as Bloemfonteiner
van die Jaar, ‘n baie gesogte toekenning vir baanbrekers in die gemeenskap.
Haar visie was om die standaard van die lewe vir die plaaslike kinders op te hef en hulle ‘n veilige plek
te gee om te leer en speel. Die kleuterskool kyk na 40 kinders, waarvan 10 permanente inwoners is en
30 dagskoliere.
– Verskaf
Elize Spence van Bloemskou deel ontbyt uit aan sekuriteits- en terreinpersoneel op die skouterrein
Aletta Nstioa, Hoof van die Lerato Kleuterskool in Bainsvlei, saam met Estelle Visser van Bloemskou
Estelle Visser van Bloemskou saam met kinders en oppassers van die Lerato kleuterskool in Bainsvlei