Bloem se beurt vir Diedericks se reisende solo-uitstalling

0
1338
Christiaan Diedericks

Die gevierde kunstenaar, Christiaan Diedericks, se reisende solo-uitstalling, getiteld Paradisus (Deperditum), open eersdaags in die hoofgebou van Oliewenhuis Kunsmuseum. Hierdie uitstalling, wat as ‘n mid-loopbaan-uitstalling beskou kan word, sal nuwe werke sowel as enkele vroeër tekeninge en grafiese werke vertoon.
Volgens Lewis & Short se A Latin Dictionary (1879) verwys die Latynse term paradisus na die “paradys of die tuin van Eden”, terwyl die aanlyn Oxford Latin Dictionary (1982 OLD) die Latynse deperditum definieer as “dit wat vir altyd verlore is”.
Die gekose titel van
hierdie uitstalling verwys na die onrusbarende feit dat die ekostelsel ernstig
ontwrig word, finansiële stelsels toenemend onbeheerbaar is en geo-politieke strukture al hoe meer onstabiel voorkom. Hierdie driedubbele krisis hits ‘n mens se twyfel aan en lei tot nabetragting oor ons basiese aannames, soos wat dit ook kulturele debatte opsweep en ingegraafde dogmatiek uitdaag. Die einde van geskiedenis is moontlik al te haastig aangekondig, aangesien die begrip spoedig voortbeweeg.
Diedericks, as ‘n ernstige kontemporêre kunstenaar, is aanhoudend besig om sigself, asook deur sy kreatiewe uitsette, antwoorde op hierdie angswekkende kwessies na te jaag.
Bogenoemde in ag geneem, fokus Paradisus eerder op die herlewing van opregtheid, genesing, hoop en romantiek, asook op die potensiële bestaan van meesternarratiewe en universele waarhede. Indien hierdie uitstalling tot sy fundamentele kern reduseer moet word, handel dit oor genesing. Tans word die kunstenaar gefassineer deur konsepte wat fokus op genesing en modes van ontsnapping – albei fisiek en verstandelik. Die Latynse term Injuriae kan met “besering, onbillikheid, verkeerde optrede, oortreding, belediging en mishandeling of seksuele aanranding” vertaal word. Deur sy kreatiewe werk probeer Diedericks dus nie net om die angswekkende realiteite bloot te stel nie, maar ook om daarvoor oplossings te vind – soos medisyne om hierdie beskadigde planeet, asook die mensdom, te genees.
Diedericks is ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar, tans werkend en woonagting in Kaapstad. Hy het in 1992 aan die Noordwes-Universiteit ‘n Baccalaureusgraad in Beeldende Kunste (cum laude) behaal en in 2000 ‘n Meestersgraad in Beeldende Kunste (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. Diedericks is ‘n noukeurige drukkunstenaar wat na homself verwys as professionele kunstenaar, opvoeder en kreatieweproses-koerspeiler.
Sy werk is op die internasionale arena, asook in suidelike Afrika, bekend. Dit is is ook reeds die VSA, Japan, Finland, Spanje, Duitsland, Turkye, Pole, België, Engeland, Swede en Frankryk vertoon. In Frankryk is hy ook sedert 1994 as inwonende kunstenaar op nege verskeie geleenthede by die Cité Internationale des Arts in Parys werksaam.
Diedericks het ‘n wyle in New York deurgebring nadat hy die gesogte Ampersand Foundation Fellowship in 2006 ontvang het. Daar ontvang sy uitstalling by die Gallery 5+5 in Brooklyn toejuiging en ontvang hy in die New York Blade-koerant uitstekende resensies.
Die eerste skof van die uitstalling Paradisus (Deperditum) vind van 18 Februarie tot 26 Maart 2017 in Bloemfontein plaas. ‘n Informele rondleiding deur Christiaan Diedericks vind om 18:00 op Vrydag, 17 Februarie 2017, in die hoofgebou van Oliewenhuis Kunsmuseum plaas. Die opening is die volgende oggend, 18 Februarie 2017, om 11:00 met Stefan Hundt, kurator van die Sanlam Kunsversameling, as spreker.

Medicine Man II maak deel uit van Paradisus (Deperditum).
Medicine Man II maak deel uit van Paradisus (Deperditum).