Bloem-jeugsentrum se konsert terug op die planke

0
Bloem-jeugsentrum se konsert terug op die planke
Die sentrum se personeellede wat deel is van die produksie, is van links Rina Baadjies, Rosemarie Janzen en Yolandi van Niekerk. FOTO: Verskaf

Ons Kinder- en Jeugsorgsentrum bied die eerste keer in drie jaar weer hul jaarlikse konsert aan. Hierdie produksie bied ‘n aand van vermaak en die sentrum kan ook spog met hoe talentvol die kinders op die verhoog is.

Die eerste vertoning het gisteraand plaasgevind en die produksie duur tot Saterdag. Volgens ’n Prinsipaal Maatskaplike Werker by Engo, Frikkie van Dyk, bring Mali die boodskap dat almal van ons Spesiaal is in God se oë, veral ná ‘n tydperk waarin ons baie uitdagings moes hanteer het.

Mali is gebaseer op die boek van Max Lucado Jy is Spesiaal en is in ’n verhaal vir die verhoog verwerk.

Die produksie vorm ook deel van ’n fondsinsamelingsprojek vir die sentrum. Dit vind saans vanaf 18:00 plaas by die sentrum. Kaartjies kos R200 en sluit ’n ligte vingerete in

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za

No posts to display