Vrydag was die Reach For A Dream Foundation se nasionale Pantoffeldag en hier in die Rosestad het oud en jonk hul pantoffels gedra om hul ondersteuning vir die stigting te toon. President Brand Primêre Skool is een van die talle skole wat in gemak Vrydag Bloemfontein se koue aangedurf het in ‘n poging om ander kinders se drome te laat bewaarheid.