E Copy

Date:

Bloem-dansers dans hul pad oop na Engeland

’n Groep Bloemfonteinse dansers het vertrek na Blackpool in Engeland vir die 2023 Freestyle en Slow Dance Wêreldkampioenskappe.

Volgens Senicia du Toit-Breytenbach moes hierdie dansers in verskeie wêreld kwalifiserende rondtes sake uitspook om as oorwinnaars onder die Top 6 in hul ouderdomskategorieë in Suid-Afrika te eindig.

Die dansers is van die volgende vier ateljees in Bloemfontein: Dance Domination, bestuur deur Du Toit-Breytenbach; Dance Domination, bestuur deur Manulani Cohen; Dazzling Dance Studio; en Just Dance. “Onder hierdie dansers is verskeie Suid-Afrikaanse Kampioene, wat nommer een in die land is. Ons is so trots op hierdie dansers en kan nie wag om te sien hoe hulle van 23-25 Junie in die Verenigde Koninkryk vaar nie,” het Du Toit-Breytenbach gesê.

Sy het bygevoeg dat twee afrigters, syself en Liezl Luyt, na die Wêreldkampioenskappe gaan en deel van die elite-paneel van meer as 40 beoordelaars regoor die wêreld sal wees.

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...