E Copy

Date:

Bloem-buurtwagte neem deel aan nasionale patrollie

Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n nasionale massapatrollie op 19 April uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep.

Volgens AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein, Christo Groenewald, het die aksie omstreeks 20:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend voortgeduur.

“In hierdie paar uur is verskeie operasies suksesvol uitgevoer. Die buurtwagte het ondersteuning gebied op voorvalle wat via hul WhatsApp-noodgroepe en radionetwerk deurgegee is,” sê Groenewald.

Hy voeg by dat altesaam 122 patrolleerders aan die patrollie deelgeneem het en ’n totaal van 2 270 km in 80 voertuie afgelê het. Die hoofdoel van die patrollie was om sigbaarheid in die onderskeie gebiede te verhoog en sodoende misdaad teen te werk.

“Die Bloemfontein-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies hou om misdaad in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies hok te slaan en veiligheid te bevorder. Dit is belangrik dat gemeenskappe en organisasies saam hande vat om misdaad te bekamp. Die verhoogde sigbaarheid in die buurte speel ’n belangrike rol in gemeenskapsveiligheid en daarom is dit belangrik dat patrollies soos hierdie moet plaasvind,” sê Groenewald.

Saamgestel deur Justine Fortuin

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...