Blindes het nou ook toegang tot regeringskoerant

0
1078

CHRISTOPHER MOTABOGI

Blinde Suid-Afrikaners gaan voortaan, nes ander inwoners, toegang hê tot regeringsinligting danksy die bekendstelling van ‘n braille-uitgawe van ‘n regeringskoerant. Die bekendstelling is vanmiddag in Bloemfontein gedoen waartydens ‘n nuwe regeringsinligtingsdiens, die SA Nuusagentskap, ook aan die media bekendgestel is. Volgens die agentskap se Mathona Fatman sal hulle twee keer per dag inligting aan 65 gemeenskapsradiostasies verskaf. Hulle sal fokus op die regering se vyf sleutelareas, insluitend armoedeverligting en werkskepping.