Christal-Lize Muller
Die werklikheid sal eers later vandag insink vir die Universiteit van die Vrystaat se eerste vroulike blinde student wat gister tot die SR in die portefeulje studentetoeganklikheid verkies is.
Die 21-jarige Louzanne Coetzee, ‘n derdejaarstudent in bemarkingskommunikasie, sê dit beteken vir haar baie dat studente op die Bloemfontein-kampus hul vertroue in haar gestel het, veral omdat sy blind is. Coetzee wil haar daarop toespits om bewusmaking van persone met gestremdhede te kweek. Sy wil ‘n verskil in ander se lewe maak.
Die verkiesing van ‘n vrou om die SR op die Bloemfontein-kampus te lei sedert die SR-grondwet bykans vier jaar gelede herskryf is, is ook vanjaar ‘n eerste vir die UV. Mosa Leteane is gister as president verkies terwyl Tulasizwe Sithole tot president van die SR op die UV se Qwaqwa-kampus verkies is.