BLCC-musiekskool hou konsert

0
547

Die musiekskool van die Bloemfontein Life Change Centre (BLCC) hou op Sondag 16 September om 18:00 sy jaarlikse musiekfees by VGK Heatherdale in Heidedal.

Studente van die musiekskool, die orkes van die Vrystaatse Universiteit (UV), asook ander kunstenaars uit die gemeenskap gaan by die konsert optree. Die opbrengs van die konsert sal gebruik word om formele musiek aan kinders in die gemeenskap te leer.

Vyf kinders het vanjaar die geleentheid om in Oktober hul graad 2- en graad 3-eksamen af te lê. Een student is reeds gratis die geleentheid aangebied om deur die UV haar graad in musiek te verwerf.

Die musiekskool nooi die publiek om die skool te ondersteun en kinders te help om hul drome te bewaarheid.

Lesse word gratis op Donderdae om 17:00 deur fasiliteerders van die UV aan kinders van nege jaar oud aangebied. Enige persoon is welkom om aan te sluit en musikaal verryk te word.

info@bloemfonteincourant.co.za