E Copy

Date:

Bismarck du Plessis slaggereed vir sy 50ste toets

MORGAN PIEK

Bloemfontein – Springbok-breier Heyneke Meyer het sy span wat laas naweek 73-13 met Argintinië op die FNB-stadion in Soweto afgereken het, beloon deur dieselfde beginvyftiental te kies om die naweek die Poemas in Mendoza te pak.

Die enigste verandering aan wedstryd 23-tal is Jano Vermaak wat van die bank sal speel in die plek van Fourie du Preez wat nie beskikbaar is vir die oorsese bene van die die rugbykampioenskap nie.

Die feit dat Du Preez onbeskikbaar is laat ‘n groot leemte in die span aangesien die veteraanskrumskakel beïndruk het tydens sy eerste toetswedstryd in bykans twee jaar.

Intussen speel haker Bismarck du Plessis sy 50ste toets in die groen en goud.

Meyer sê egter ook hulle sal die Argentyne met respek hanteer aangesien al hulle vorige kragmetings teen die Suid-Amerikaners taai  was. Die laaste keer dat hierdie twee spanne mekaar in Argentinië gepak het was die telling 16 elk.

Saterdagaand se wedstryd op die Estadio Malvinas Argentinas in Mendoza skop om 21:10 af.

Share post:

Popular

More like this
Related

Bochabela road upgrades aim to improve access and boost local jobs

In a service delivery update, the Manguang Metropolitan Municipality...

FCS Mangaung kicks off Child Protection Week marathon

As part of the preparations for Child Protection Week,...

Hawks operation recovers R9 million worth of stolen Eskom property near Bloemfontein

A Hawks-led joint operation conducted by the Tactical Response...

Destea to host game auction

The Free State Department of Economic Development and Tourism...