Bikers hou 15de Breakfast Run

0
800
Pastoor Wimpie Burger van die Bikers’ Church in Bloemfontein

Die 15de jaarlikse Big Bike Breakfast Run is die afgelope naweek by Black Mountain Hotel in Thaba Nchu gehou.

Ongeveer 200 motorfietsryers van verskillende klubs in Bloemfonrein het bymekaargekom vir die byeenkoms waarna hulle elke jaar uitsien.

“Dit is ’n geleentheid vir die motorfietsgemeenskap om saam rond te ry, ontbyt saam te geniet en die dag saam deur te bring,” het Wimpie Burger, pastoor van die Bikers’ Church en organiseerder van die byeenkoms, gesê.

“Dit was ’n baie suksesvolle geleentheid en die boodskap van hoop en toewyding het almal diep geraak.”

Hierdie jaar het die 911 Run vir Rural Security and Safety saamgesmelt met die Big Bike Breakfast Run. Die doel van die 911 Run is om veiligheid en sekuriteit op die platteland aan te spreek. Hulle het ook ’n memorandum aan die SAPD oorhandig.

Johan van Eck, pastoor van die Wesrand Bikers’ Church was die gasspreker tydens die geleentheid.

“Hy was by vorige geleenthede die spreker en is baie gewild onder die gemeenskap van Bloemfontein,” het Burger gesê.

Jeretha Oosthuizen

jeretha@mahareng.co.za