Bfn word uitgedaag om te hardloop vir kinder-kankerbewusmaking

0
1955
Kyra Burger (2), een van die kankerlyertjies wat by die Universitas Akademiese Hospitaal behandeling ontvang.

Klein Kyra Burger se mamma, Mandi Venter, doen ‘n beroep op al Bloemfontein se entoesiastiese hardlopers om hierdie naweek (Saterdag) saam met hulle deel te neem aan die 30ste Kloppers-marathon.

Venter het aan Bloemfontein Courant vertel dat sy en ‘n paar ander die 5 km gaan stap met plakkate en baniere vir die bewusmaking van kanker in kinders (Childhood Cancer Awareness).  Daar is besluit dat indien 100+ mense aan Mandi  hul inskrywingsgeld skenk,  50% daarvan na die Universitas Kankerfonds sal gaan.  Dit is belangrik om besonderhede aan Mandi te e-pos om te verseker dat die fondse spesifiek na kinders met kanker gaan.

Koste beloop R80 per persoon; kinders onder vyf en kankerlyertjies neem gratis deel. Venter verduidelik dat sy al ‘n paar inskrywings ontvang het, maar nog nie genoeg om werklik ‘n verskil te maak nie. Sy sê ook dat mense wat eerder die 5 km wil hardloop, ook welkom is om deel te neem saam met dié wat gaan stap.

Belangstellendes moet Saterdag in verskillende helder kleure, tutus, ens. kom sodat daar “regtig net meer mense kan bewus wees van die kindertjies wat kanker het,” sê Venter.

“Daar sal op die dag ‘n CANSA-tent wees waar mense wat by my ingeskryf het hul hardloopnommers kan kry.” Inskrywings sluit op Donderdag 15:00 (3uur).

Vir meer inligting, die e-posadres asook bankbesonderhede, kan mense Mandi Venter kontak by 064-680-9544.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za