E Copy

Date:

BFN vier Internasionale Verpleegstersdag

Maricelle Botha

’n Verpleegsuster van Mediclinic Bloemfontein is bekroon met die Bio-Oil Florence Nightingale- provinsiale toekenning vir uitnemendheid. Carol West, senior suster in ’n algemene saal, is bekroon met dié prys. West is die afgelope 20 jaar werksaam by Mediclinic, soms met onderbroke diens. Die toekennings word aan verpleegsters wat, soos Florence Nightingale, deernis, sensitiwiteit en gehaltesorg aan pasiënte lewer, gegee. West sê sy is oorweldig, baie geëerd en trots op die ontvangs van hierdie toekenning. Sondag 12 Mei is Internasionale Verpleegstersdag gevier.

Die verjaardag van die legendariese Florence Nightingale word elke jaar op die dag gevier. Verpleegsters regoor die wêreld kry op hierdie dag erkenning vir hul onbaatsugtige bydrae tot die behoud van gemeenskapsgesondheid. Mediclinic het sy topverpleegsters vir uitnemendheid vereer. Sr. Dorcas Toli is aangewys as die hospitaal se topverpleegster, terwyl sr. Amanda Weldhagen ook vir haar werk vereer is. Albei hierdie susters is werksaam in die neuro- en kardiotoraksaal.

Life Rosepark Hospitaal het ook erkenning gegee aan sy meer as 450 permanente en agentskap-verpleegkundiges om dankie te sê vir hul harde werk en hul lojaliteit teenoor hul beroep. Life Rosepark Hospitaal het vanjaar veertien finaliste in die Great 100 Nurses-kompetisie van die Life-groep gehad. Twee van dié hospitaal se finaliste, sr. Winnie Mew en verpleër Simon Leburu, is aangewys as wenners en is deel van die een honderd topverpleegsters wat vir ’n jaar die Life Healthcare-groep sal verteenwoordig in hul onderskeie hospitale. maricelle@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...