Bfn trek Kersgewaad aan

0
192
Kinders kan ‘n foto saam met Kersvader kom neem by Mimosa mall en ‘n brief na die Noordpool stuur met hul geskenkwense.

Dit is weer tyd vir Kersversierings, Kersinkopies doen en resepte bymekaarkry vir 25 Desember wanneer daar oral Kersfees gevier word. Die Rosestad staan beslis nie terug as dit kom by uitsien na Kersdag nie. Winkelsentrums is opgedollie met die mooiste liggies, Kersbome, Kersversierings en Kersvader en sy takbokkies. Verskeie gemeentes hou Kerssangdienste, terwyl OFM se immergewilde Carols by Candlelight ook reeds plaasgevind het. Dit bly steeds die perfekte tyd vir vriende en familie om bymekaar te kom en saam te sing en tyd deur te bring. Bloemfontein Courant het by ‘n paar plekke gaan inloer en die Kersgees vasgevang. FOTO’S: PIERCE VAN HEERDEN

Kersvader moet ook soms ’n tydjie afknyp vir ’n breek by die Waterfront na al sy harde werk om almal se geskenke gereed te kry vir Kersfees.
Bloemfonteiners het ‘n betowerende aand onder die sterre geniet met Kurt Darren, Juanita du Plessies, Monique Steyn en die Ndlovu-jeugkoor by hierdie jaar se SPAR OFM Carols by Candlelight in Bloemfontein. Hier is die koor besig met ‘n klanktoets voor die konsert waar hulle die tegniese span in vervoering gehad het met hul pragtige stemme.
Kersvader se takbokke kuier in Mimosa Mall. Gaan besoek gerus vir Kersvader tot 24 Desember.