E Copy

Date:

BFN-skoolhoof ontslaan uit pos

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die Vrystaatse onderwysdepartement het vanoggend die geskorste skoolhoof van die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein summier uit sy pos ontslaan.
 
Dit kom nadat Fanie Roeloffze vroeër vandeesmaand in ‘n dissiplinêre verhoor deur die departement skuldig bevind is op twee aanklagte dat hy sy pligte swak en onvoldoede uitgevoer het.
 
Hy het nie toegesien dat ‘n ou landsvlag en beweerde beledigende foto’s van ape en Julius Malema in ‘n klaskamer by die skool verwyder is nie.

Roeloffze se prokureur, Marius van Rensburg, sê hulle gaan appelleer teen die voorsittende beampte van die verhoor, Mpe Ncgosane, se skuldigbevinding en strafoplegging.

Van Rensburg sê hy volstaan by sy kliënt se onskuld. Volgens hom gaan Roeloffze hom tot die Raad vir Arbeidsverhoudinge in Onderwys (Ravo) wend, wat ‘n onafhanklike arbiter in ‘n nuwe arbitrasie sal aanstel.

Share post:

Popular

More like this
Related

School principal among 10 arrested for mob justice murder in Namahadi

A joint operation by Namahadi police, detectives, Phuthaditjhaba Crime...

Ward 46 embarks on second protest

Frustrated residents of Ward 46 gathered in numbers and...

Mangaung Social Development offices relocate to Batho Location

The Mangaung Department of Social Development Mangaung District Offices...

OFM deel in Afrikaans se eeu-feesviering

OFM het op 8 Mei 2025 saam met die...