Bfn-onnie leef haar passie vir musiek uit

0
1395
Ilse Fourie

Ilse Fourie, onderwyseres aan die Hoërskool Jim Fouché, sing al van 13-jarige ouderdom af en as sy nie in die klaskamer besig is nie, bring sy elke oomblik van haar tyd agter die mikrofoon deur.

Ilse vertel hoedat haar passie om te sing by die Noordwes Kinderkoor begin het toe prof. Awie van Wyk haar onder sy vlerk geneem het. “Sy dogter, Mabet van Wyk, het die passie in my wakker gemaak. Ek het later alleen begin sing, en so het my liefde vir sang verder ontwikkel.”

Haar sangtalent dek baie genres, maar het sy ‘n besonderse liefde vir jazz, blues en country. “Ek het ook ’n groot passie vir gospel en het laasjaar ’n album met geestelike liedere opgeneem. Ek is ook baie lief vir ballades, maar met die jare het ek geleer dat ek goed vaar in jazz, blues en gospel, seker juis omdat die vertolking van dié tipe musiek my so na aan die hart lê,” sê sy.

Hoewel Ilse se groot passie sang is, geniet sy haar heeltydse werk as onderwyser ook baie. “Ek sing waar dit oral moontlik is en so gereeld as wat ek gevra word. Maar ek sê ook altyd, ek is ongelooflik lief vir my werk. Ek werk met besonderse kinders, en ek kan myself uitleef by die skool. Almal hier rond weet hoe graag ek sing, so hulle gun my elke geleentheid om my passie uit te leef, veral wanneer ek dit nodig het.

Vir besprekings kontak Ilse by 072 359 5956.

 

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za