Bfn Mannekoor nooi inwoners na gholfdag

0
359
Die Bloemfontein Mannekoor

Die Bloemfontein Mannekoor wil graag Bloemfonteiners uitnooi na hul jaarlikse gholfdag wat op 3 Mei plaasvind by Schoemanpark-gholfklub. Die dag is ‘n baie spesiale geleentheid vir die koor omdat hulle 19 jaar oud word op 1 Mei.

“Die doel van die gholfdag is om fondse in te samel vir ‘n toer na Europa,” sê koorleier, Ansphi van der Walt.

Die gholfdag maak voorsiening vir 136 spelers en mense word aangemoedig om in te skryf vir ‘n vierbal. Die koste beloop R250 per speler, wat ook ‘n halfweg-ete insluit. Daar is ook baie pryse op die spel. Vir besprekings en registrasie, kan Lourens Erasmus gebel word by 082-808-1045. Van der Walt nooi ook alle mans in Bloemfontein wat graag wil sing om haar te kontak by 076-277-4527. “Hulle is welkom om te kom.” – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za