Bfn-leerder wen internasionale prys

0
900
Danielle Pienaar who is in grade 6 at C&N Primêre Meisieskool Oranje

‘n Bloemfonteinse leerder, Danielle Pienaar, het ‘n bronsmedalje losgeslaan by die Internasionale Wetenskap-en-Uitvindselekspo 2021 wat in Indonesië gehou is.

Ek is taamlik verras dat die internasionale beoordelaars my projek interessant gevind het, maar natuurlik is ek baie bly dat hulle hét! Ek het net sewe minute gehad om my projek aan te bied en die beoordelaars te beïndruk, waarná ‘n paar minute aan vrae afgestaan is,” vertel die graad 7-leerder van die C&N Primêre Meisieskool Oranje.

Danielle sê sy het baie geleer uit die vrae wat die internasionale beoordelaars gevra het. Dit het haar ook geïnspireer om haar projek te verbeter en hopelik in die toekoms die bevindinge by ander wetenskapskoue aan te bied.

Danielle het ‘n projek getiteld “Watter aas word deur vlieë onweerstaanbaar gevind?”, voorgelê. Die doel van die projek was om ‘n veilige en koste-effektiewe lokval vir vlieë te ontwikkel uit materiaal wat geredelik beskikbaar is, en die doeltreffendheid van die lokaas wat in winkels gekoop kan word, te vergelyk met ‘n meer beskostigbare lokaas.

Parthy Chetty, die uitvoerende direkteur van Eskom Expo, wat die ekso aangebeid het, het gesê dat hulle baie tevrede is om ‘n jong meisie te sien wen op die internasionale verhoog. “Die harde werk van al die wetenskaplikes wat deelgeneem het, was die moeite werd. Hulle is almal rolmodelle vir ander jong wetenskaplikes, veral vir meisies.”

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za