Bfn kunstenaar vertrek na Parys vir gesogte residensie

0
408

MARICELLE BOTHA

Wenner van verlede jaar se gesogte Absa L’Atelier Kunstoekenning, Pauline Gutter, vertrek vandag na Parys, Frankryk, vir ‘n ses maande residensie aan Cité International des Arts.
"Ek is verskriklik opgewonde. Ek het gister met Elrie Joubert, verlede jaar se wenner van die Absa L’Atelier gesels en sy vertel net van al die ongelooflike kuns en kunstenaars met wie sy in aanraking gekom het. Ek is ook bewus van uitstalling van Frida Kahlo se werk wat tans in Parys te sien is en sien baie uit om dit te sien." 
Sy het aan Courant gesê dat sy ‘n vinnige kuiertjie by haar suster in Londen gaan inwerk waar sy haar verf sal optel, voordat sy op 3 Februarie amptelik met haar residensie begin.
Gutter is die tweede Bloemfonteiner in soveel jaar wat dié gesogte toekenning wen.