Niemand is ernstig beseer nie nadat ‘n silwer Toyota Land Cruiser en ‘n wit Toyota Corolla net ná 13:00 in Kenneth Kaundastraat in Bloemfontein in ‘n botsing betrokke was.
Die passasiers van die wit Toyota is eers deur personeellede van die nabye gimnasium vir ligte beserings behandel voordat paramedici op die toneel aangekom het. Ooggetuies sê die wit Corolla het verskeie kere gerol voordat dit deur bystanders weer terug op sy wiele gekeer is.
Die twee insittendes van die silwer Land Cruiser is ongedeërd. Verkeersbeamptes was deurentyd besig om die verkeer te reguleer. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
-Mark Steenbok