Bfn-hospice kan moontlik sluit

0
892

ALZANE NARRAIN

Sunflower Children’s Hospice, wat na kinders met lewensbedreigende en lewensbeperkende siektes omsien, se deure kan moontlik binnekort sluit.

‘n Verpleegkundige by dié Bloemfonteinse nie-winsgewende organisasie, Melinda Muller, sê sedert Desember is geen van die hospice se werknemers se salarisse betaal nie omdat skenkings afgeneem het.

Muller sê hulle sien om na ongeveer 350 kinders en hul families.

Tans is daar agt kinders by hulle in die hospice.

Muller sê hulle moes egter kinders begin wegwys as gevolg van ‘n gebrek aan geld.