Bfn-dokters word bedank

0
444
Verskeie verteenwoordigers het geskenke ontvang namens die hardwerkende multidissiplinêre gesondheidswerkers, korporatiewe ondersteuning en administratiewe ondersteuningspersoneel van talle gesondheidsinstellings. Die verteenwoordigers is van links Ineke Pentz (Van Rensburg/Lancet-laboratorium), Dr. R.S. Mokoena (Vrystaatse Departement van Gesondheid se Covid-19-toesigspan), Mondli Mvambi (woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Gesondheid), P. Monyobo (Vrystaatse Departement van Gesondheid se Covid-19-toesigspan), Dr M.H. Motloung (Vrystaatse Departement van Gesondheid se Covid-19-toesigspan), Dr. Sanelle Bosch (private dokter) en Mignon Gericke (Ninim Design). FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Ná ’n opmerking dat ’n groep mediese werkers, waaronder dokters, van die Departement van Gesondhied hard werk en ekstra ure insit, het ’n groep dokters uit die private sektor saam met plaaslike sakeondernemings bymekaargekom om hul waardering teenoor die span te betuig.

Dr. Sanelle Bosch, ’n private internis van Bloemfontein, het gevoel dat die harde werk nie ongesiens verby mag gaan nie. Hy het ’n paar besighede gekontak om ’n geskenksakkie saam te stel en aan die werkers, onder andere 50 dokters, te oorhandig as blyk van waardering vir hul onbaatsugtige werk om die mense van die Vrystaat te beskerm teen Covid-19- infeksies.

Die oorhandiging het plaasgevind op 12 Junie 2020. Volgens dr. Freek Bester, wat ook betrokke was by die projek, is die pandemie ’n eerste in meeste mense se lewe asook in die laaste 100 jaar. “Mense is altyd vinnig om foute uit te wys.

Ons land ’n benodig ’n nuwe kultuur van positiewe terugvoer en koestering van ons medemens en gesondheidswerkers,” sê Dr Bester. Mignon Gericke van Ninim Designs, Lancet/Van Rensburg-patoloë, Life Rosepark-hospitaal, Chris Maartens van Discovery, dr. Bester en Bosch-praktyk, House of Interiors, Wayne Chowles van Nashua, Pathcare-patoloë, Rhythm Financial Mentors, Ecomed – Anisca Bessinger, Ampath, Afrox en Novo Nordisk was betrokke by die projek.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za