BFN dokter nie vermoor nie

0
929

CHRISTAL-LIZE MULLER

Die polisie het na ‘n ondersoek deur ballistiese kenners van Gauteng bevind dat die Bloemfonteinse dokter, Marius Venter, nie vermoor is nie, maar vermoedelik sy eie lewe geneem het. Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê ‘n geregtelike doodsondersoek word nou gedoen wat sal bepaal of Venter wel sy eie lewe geneem het.
 
Mbambo het vroeër aan Bloemfontein Courant gesê die polisie volg inligting op wat daarop dui dat Venter vermoor is. Dit kom nadat sy lyk Vrydagmiddag in sy huis in Bayswater met ‘n skietwond in die hart gevind is.

Volgens Mbambo het Venter ‘n ou geroeste pistool met ‘n patroon in, in sy hand gehad. Mbambo sê sover bekend is geen selfmoordbrief op die toneel gevind nie. Volgens haar sal die pistool verder nagegaan word om vas te stel om dit wel gebruik is om ‘n skoot af te vuur.