Bfn-DBV gaan nóg groter met Kersliggies

0
1603
Die Bfn DBV het verlede jaar gespog met hul pragtige Kersliggie-vertoning en wil hierdie jaar nog groter gaan. Foto's: Pierce van Heerden

Die Bloemfontein Dierebeskemingsvereniging (DBV) wil weer in Kerstyd hierdie jaar die Rosestad ophelder en beplan om hul liggievertoning selfs meer skouspelagtig te maak deur nie net ‘n hele paar spesiale optredes nie, maar ook meer Kersliggies as gewoonlik.

Die DBV is bekend vir sy Kersliggies wat elke jaar die stad verlig vir mense om te geniet. Bloemfontein Courant het onlangs ‘n draai by die vereniging gemaak en met Inspekteur Duan Matthee gesels. Hy het sy opgewondenheid met ons gedeel oor hierdie jaar se gebeure sowel as die “spesiale verrassing vir besoekers.”

‘n Opvoedkundige poppekasvertoning deur Jakkie Louw is nog iets om na uit te sien. Die DBV wil graag kinders opvoed by wyse van ‘n vermaaklike poppekasvertoning. Daar sal ook kosstalletjies wees en gelukspakkies vir honde – dit en nog baie meer.

Hierdie jaar gaan propvol vermaak deur welbekende kunstenaars soos Jakkie Louw, Ruan Josh en Franja du Pleassis, Ricus Nel, Jak de Priester and Pieter Koen wees. Vir ‘n aand gevul met pragtige Kersliggies en vermaak uit die boonste rakke, besoek gerus die DBV van 3 tot 23 Desember 2020.

Toegang kos R10 per persoon en vir aande met spesiale vertonings beloop dit R20.

Vir meer inligting kan die Bloemfontein DBV (SPCA) Facebook-blad besoek word, of kontak hulle by 051 447 3801.

Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za