Beweerde moordenaar op Bloemfonteinse besigheidsman, vandag in die hof

0
1592
Foto: Mark Steenbok
Die verdagte wat in verband met die moord op die Bloemfonteinse besigheidsman Louis Siemens inhegtenis geneem is, het vandag op verskeie aanklagte van bedrog in die kriminele hof verskyn.

Stanley Bakili moes hierdie week ‘n mediese sertifikaat inhandig om te verduidlik hoekom hy nie op 8 Mei in die hof in verband met dieselfde aanklagtes van bedrog verskyn het nie.

Die saak is egter uitgestel omdat hy Maandag nog vir borg aansoek moet doen in verband met aanklagtes van moord en huishoudike geweld. Siemens is op 10 Mei na bewering koelbloedig deur drie mans in die kelderparkeerarea van die Prellerplein-winkelsentrum doodgeskiet.

Die slagoffer en Bakili was na bewering besigheids vennote. Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, het aan OFM-nuus gesê dat die polisie steeds op die spoor van nog verdagtes is.

Die onderskoek duur voort. OFM-nuus se Mark Steenbok sê, die regter het ook vandag kapsie gemaak omdat die borg aansoek so lank sloer.

Die borgaansoek van Bakili kon op hede nog nie voortgaan nie. Sy aansoek is sowat ‘n week gelede uitgestel omdat daar n tegniese fout met die hof se bandopnemer was.

Die week voor dit, was Bakili se saak uitgestel omdat die hofrol te vol was. Bakili wat vandag soos altyd in sy geel baadjie gekleë was, sal nou Maandag uitvind of sy borgaansoek kan voortgaan.

MARK STEENBOK / OFM-nuus