E Copy

Date:

Bewaar Afrikaans só vir nog 100 jaar

Vir Afrikaans se 100ste verjaardag, het die Bloemfontein Courant met ’n Afrikaansonderwyser by Martie du Plessis-skool gesels oor hoe die taal oor 100 jaar nóg ’n verjaardag kan vier.

“Die behoud en bestaan van Afrikaans begin vir my in die klaskamer,” vertel sy. “Afrikaans as onderrigtaal kan slegs nog ’n 100 jaar oud word as ons leerders die geleentheid gee om in hul moedertaal onderrig te ontvang.”

Volgens dié onderwyser moet leerders in die klaskamer die geleentheid gebied word om hulself uit te druk, kreatief te wees en selfs probleme op te los in hul huistaal. “Slegs dan sal Afrikaans oor nog ’n 100 jaar ’n verjaardagkersie kan aansteek.”

Afrikaans kan slegs bewaar word indien dit wyd gepraat word. “As Afrikaans nie in die klaskamers, pouses en Saterdae langs die sportveld gepraat (of soms geskree) word nie, sal dit ’n knou kry,” vertel sy. “Daarom is dit belangrik dat onderwysers Afrikaans praat by die skool en dat onderwysers op taalgebruik let wanneer ons klasgee of wanneer ons besig is om sport af te rig.”

Die onderwyser verduidelik dat moedertaalonderrig elke leerder ’n leervoorsprong bied, asook die gehalte van onderrig verbeter, alhoewel daar uitdagings is. “Met alles wat verengels, is dit definitief ’n uitdaging in die klaskamer,” vertel sy. “Onderwysers kan wel gebruik maak van tegnologie om Afrikaans interessant te hou.”

“Maak lees weer lekker,” stel sy voor. “Moenie net die drama voorlees nie, trek eendag soos ’n karakter in die leesboek aan en maak dit vir die leerders opwindend!”

’n Ander groot uitdaging is wanneer onderwysers wat moedertaalklasse aanbied, self nie die taal praat nie, of selfs nie die nodige opleiding en kwalifikasie het om die vak aan te bied nie.

“As onderwysers verwag ons dat leerders moet trots wees op hul moedertaal, dan moet die onderwyser die voorbeeld stel,” voeg sy by.

 

Warren Hawkins
warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...