Beurtkrag: Inwoner ly groot skade

0
1588
Plaaslike sakeman Schalk Geel

Plaaslike sakeman Schalk Geel het nagenoeg R20 000 skade gelei as gevolg van goedere wat beskadig is deur die onlangse beurtkrag.

Geel het Bloemfontein Courant vertel hoe hy moes geld uithaal om televisiestelle, hekmotors, rekenaars en swembadpompe te laat herstel.

“Dit gaan al vir ‘n paar maande so aan as gevolg van die beurtkrag, spesifiek die oggend van 24 Februarie. Die krag het halftwee afgegaan en was eers terug so 12-uur se kant. Toe dit terugkom was daar groot skade,” sê Geel.

Op 8 Maart het Geel nog skade gelei toe twee van sy yskaste onklaar geraak het as gevolg van die beurtkrag. “Die elektriese toerusting kan nie hou nie en elke keer met die beurtkrag breek daar iets.”

Geel het talle keer probeer om met die plaaslike kragvoorsiener in verbinding te tree, maar sonder enige sukses.

Pierce van Heerden

pierce@mahareng.co.za