Betogende student by UV raakgery

0
696

Geweld het gisteraand op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) gedreig nadat ‘n finalejaarstudent wat deel was van 'n betoging teen verhogings in klasgelde, raakgery is.

Protesaksie teen verhogings in klasgelde aanstaande jaar het gister na die Vrystaat oorgespoel nadat studente by universiteite landwyd begin betoog het.

Die 22-jarige vroulike student het op 'n sypaadjie gesit terwyl honderde studente die hoofhek in Nelson Mandelarylaan in Bloemfontein beset het.

Courant se Owen Kock het die ongeluk kort voor 19:00 gisteraand sien gebeur. – Owen Kock