E Copy

Date:

Bethlehem jeug maak begraafplaas skoon

Jong, geesdriftige jeug van Bethlehem het verlede Saterdag (8/10) saam met Bethlehem se AfriForum-tak gewerk om die ou Dutch/Hollandse begraafplaas in Richterstraat skoon te maak.

Blommekranse is op twee Bethlehemiete se grafte, wat ‘n groot impak op die dorp se geskiedenis gemaak het, gelê.

Eer is só betoon aan Charlotte Theron, aan wie die Charlotte Theron-kinderhuis in Bethlehem sy naam en bestaan te danke het, en genl.

Rooi Michael Prinsloo, wat ‘n held in die Anglo-Boereoorlog was en sy aan sy met genl. Christiaan de Wet geveg het.

Voorsitter van Bethlehem se AfriForum-tak, Isoldé Laesecke, het gesê erfenisbewaring is ontsettend belangrik en dit is een van AfriForum se doelwitte om ook die jeug hierby te betrek sodat hulle kan leer hoe belangrik dit is.

“Dit is vir ons ‘n groot voorreg om by die skoonmaak van die begraafplaas betrokke te wees. Talle Bethlehemiete is hier begrawe en die begraafplaas is oor baie dekades uiters verwaarloos en verniel. Die projek het nog maar net begin, want die skoonmaak-aksie gaan ‘n proses wees. Rome is nie in een dag gebou nie,” sê Laesecke.

Daar word onder meer deur dié organisasie se Jeugtak beplan om die begraafplaas te omhein en by die restourasie van die grafte betrokke te wees.

Die kundigheid van Eben Meets, oud-Bethlehemiet wat omsien na die instandhouding van die Voortrekkermonument en Kerkplein in Pretoria, sal ingespan word.

Meets het die begraafplaas onlangs besoek om sy kundigheid met AfriForum te deel en sal ook in die toekoms in hierdie hoedanigheid van hulp wees.

Laesecke het die jeug geprys vir die werk wat hulle met oorgawe gedoen het en talle vullissakke is met vullis en onkruid gevul.

Hulle is met lekkers, koeldrank en worsbroodjies vir hul harde werk beloon.

Laesecke sê AfriForum is ‘n burgerregte-organisasie sonder politieke verbintenisse. Enigiemand wat die beginsels en strewe van AfriForum onderskryf, kan lid word – ongeag taal- of geloofsverskille.

AfriForum is nie ‘n politieke organisasie nie. AfriForum streef met mening daarna om gemeenskappe te verbeter, op te hef en daadwerklik betrokke te wees.

Verklaring uitgereik

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...