E Copy

Date:

Beter opbrengste is moontlik

Beleggingsopbrengste is nou al vir ‘n geruime tyd onder druk, en beleggers is moedeloos. Om net inflasie te kon uit presteer, was moeilik die afgelope drie jaar.
Wanneer gaan die onsekerhede begin wyk en dinge begin beter gaan, of gaan dit reeds beter? Dit is vandag vir my aangenaam om aan moedelose beleggers ‘n alternatiewe opsie te kan bied.
Een van Suid-Afrika se grootste versekeraars het ‘n uitstekende produk geloods, wat aan jou goeie opbrengste kan lewer oor die volgende vyf jaar. Die hoofkenmerke van die produk is as volg: Jou beleggingskapitaal sal 70% in die EuroStoxx 50 Indeks, en 30% in die FTSE 100 Indeks belê word.
Die EuroStoxx 50 Indeks verteenwoordig 50 “Blue Chip”-aandele van 11 Eurosone-lande, en is van hoogstaande gehalte. Die FTSE 100 Indeks verteenwoordig die 100 aandele met die hoogste markkapitalisasie wat op die Londense aandeelbeurs gelys is.
Jy sal natuurlik nou vra wat nou eintlik anders is. Aandele is die bateklas wat die laaste drie jaar onderpresteer het, so hoekom gaan die betrokke produk met die Eurostoxx 50/FTSE 100-kombinasie nou ewe skielik beter opbrengste lewer?
Eerstens, bied die produk aan jou gewaarborgde kapitaal oor ‘n tydperk van vyf jaar. Sou bogenoemde portefeulje, bestaande uit dié twee indekse, ná 5 jaar ‘n negatiewe opbrengs lewer, kry jy ten minste jou kapitaal terug.
Indien die portefeulje egter in die positief eindig (hoe gering positief ook al), kry jy outomaties 78% groei (12.2% effektief per jaar). Dan, indien die portefeulje ‘n opbrengs van meer as 78% lewer ná vyf jaar, sal jy ook 100% deel in die addisionele opbrengste.
Gevolglik het jy geen “downside” risiko nie, en onbeperkte “upside” voordeel. Bogenoemde waarborge, en die verbeterde opbrengsaanbod, word gelewer deur internasionale banke met ‘n langtermyn- Fitch-kredietgradering van ten minste A+.
Omdat dit ‘n vyf jaar beleggingsproduk is, is dit ook uiters belastingvriendelik in die hande van die belegger. Die opbrengs is belastingvry in die hande van die belegger en die belegging kan ná vyf jaar voortgesit word in ander beskikbare beleggingsfondse vir verdere groei.
Die belegger kan ook ‘n inkomste uit die belegging ontvang ná vyf jaar, wat ook belastingvry sal wees vir die belegger.
Stuur vir my ‘n e-pos na horace@nassaux.com vir meer inligting, of om ‘n brosjure van die produk te ontvang. – Horace Terry
horace@nassaux.com

Share post:

Popular

More like this
Related

New Beginnings animal shelter seek winter donations to support outreach

Winter is a difficult time for non-profit community organisations,...

Teacher suspended after assault on learner at Dr Böhmer School of Skills

The Free State Department of Education has informed the...

Sponsored: Busamed Bram Fischer Hospital unveils new emergency vehicle with VR Med partnership

In an exciting move set to transform emergency healthcare...

Sponsored: The positive impact of Samsung Innovation Campus on WSU students

Uplifting youth and bridging the country’s digital divide in...