Bespreek jou uitstalruimte by skou vir Go Green Expo

0
1639
Kom leer by die Bloemskou Go Green Expo, in samewerking met Bloemfontein Courant, hoe jy 'n bydrae tot die natuur kan lewer.

Bloemskou gaan vanjaar, in same-werking met Bloemfontein Courant, sy eerste Go Green Expo, wat beloof om met ‘n hele paar eerstes in ‘n eko-vriendelike omgewing te spog, aanbied.
Om die ekspo so aanloklik moontlik vir uitstallers van ‘groen’ produkte te maak, bied Bloemskou ‘n baie mededingende pakket teen ‘n afslag-tarief aan. Die ekspo gaan op die eerste drie besige dae van Bloemskou (27 – 29 April 2017) plaasvind.
Menige inwoner van Bloemfontein en omgewing, asook inwoners van die platteland, ondersoek toenemend maniere om hul gryswater te benut om hul tuine mee te besproei. Die plant van groentetuine in die agterplaas is nou weer hoogmode, maar met waterbeperkings wat steeds geld, moet gryswater hiervoor ook met pype en toestelle na dié tuine herlei word. Die ekspo wil dus aan Bloemskou-besoekers produkte ten toon stel en demonstreer wat hulle hiermee kan help.
Spoudazo Enterprizes, ‘n instansie wat groentetonnels in informele gebiede in en om die groter Bloemfontein installeer, is ook betrokke by die ekspo. ‘n Groentetonnel is oprig en besoekers aan die skou sal wanneer die skou in Aprilmaand plaasvind, kan sien hoe dit werk, met groente wat in dié tonnel gekweek is. Groente wat hier gekweek word, word deur Bloemskou aan liefdadigheidsorganisasies geskenk.
Produkte wat help met die besparing van krag, is ook deel van hierdie inisiatief. Die installering van sonpanele en beligting wat energie bespaar, help verbruikers om minder afhanklik te wees van die nasionale kragnetwerk. Sodoende voel elke huishouding die verligting ook aan hul sakke.
Uitstallers wat waarde kan toevoeg tot hierdie inisiatief en betrokke is by enige vorm van groen-produkte – van herwinningsopsies tot solar, water- en kragbesparingsoplossings en produkte wat hiertoe bydra – is welkom om vir Marie-Louise Smith te kontak by 083-287-8845 of ml@zigzagcreations.co.za vir opsies oor hoe om by Bloemskou se Go Green Expo, in samewerking met Bloemfontein Courant, betrokke te raak.