Besoek die Bloemskou Kersmark

0
255

Vir die eerste keer ooit gaan Bloemskou hierdie jaar ‘n Kersmark aanbied. Dié nuutjie gaan van 30 November tot 2 Desember plaasvind aan die suidelike kant van die Bloemfonteinse skouterrein.

Met Kersfees om die draai word mense aangemoedig om die heerlike Kersatmosfeer te geniet, die kos- en ander stalletjies te besoek en die kinders te trakteer met ‘n rit op die miniatuurperdjies wat ook gevoer kan word.

Toegang is gratis vir besoekers, maar daar word wel gevra vir ‘n donasie aan een van drie liefdadigheidsorganisasies. Besoekers kan besluit of hulle wil speelgoed koop vir Engo, hondekos vir die DBV of toiletware vir Torings van Hoop.

Daar gaan ook twee vertonings van die gewilde Lollos en Lettie wees tydens die Kersmark. Die vertonings vind op Saterdag om 11:00 plaas en toegang hiervoor is R40 per persoon. – Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za