Beslissing oor lyfstraf maak opslae

0
391
Professor Corene de Wet, Navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat se eenheid vir afstandonderrig. FOTO: UFS.AC.ZA

“Hoe gebeur dit dat ‘n volwassene nie ‘n ander volwassene ‘n klap kan gee as hy iets verkeerds gedoen het nie, maar is dit in orde vir ‘n ouer om sy kind te klap?” Dit is ‘n vraag van professor Corene de Wet, Navorsingsgenoot aan die Universiteit van die Vrystaat se eenheid vir afstandonderrig.

Prof. De Wet het kommentaar gelewer oor die onlangse Konstitusionele Hof se beslissing dat lyfstraf onwettig is, self in private huise. De Wet het bygevoeg dat geweld lei tot geweld. “Huweliks- en geslagsgeweld is volop in Suid-Afrikaanse huise en in die gemeenskap.”

Van ‘n jong ouderdom af leer kinders wat onderhewig is aan lyfstraf dat geweld die enigste manier is om mag uit te oefen. Ouers wat glo dat lyfstraf ‘n aanvaarbare manier is om hul kinders te dissiplineer, ignoreer hul kinders se menseregte en waardigheid,” sê De Wet. Ná 16 jaar in die onderwys, onthou De Wet hoe ouers wat na ouer/onderwyservergaderings gekom het aan haar gesê het: ‘Asseblief, Juffrou, as ek by die huis kom, wil ek nie my kind moet dissiplineer nie. Jy behoort dit te doen.’

“En ek dink dit gebeur steeds. Hulle wil nie gemoeid wees met hul eie kinders se probleme nie, so dit word die onderwyser se probleem. En onderwysers weet ook nie hoe om kinders in die klas te dissiplineer nie. Hulle raak desperaat en ouers ervaar dieselfde desperaatheid. ‘n Onderwyser gaan universiteit toe vir vier jaar om ‘n onderwyser te kan word, maar ‘n ouer word net ‘n ouer. Daar behoort ondersteuningsgroepe vir ouers te wees om te leer hoe om met ons kinders te werk,” sê sy.

Sy voeg by dat die gemeenskap moet saamwerk deur ondersteuningsgroepe te vorm waar ouers saamkom om te praat oor hoe hulle na hul kinders moet kyk. “Ouers weet nie wanneer om te stop nie, of dit fisieke of verbale straf is of nie.

Ek het byvoorbeeld pas teruggekeer van Hongarye en op die lughawe daar was ‘n kind van ongeveer ses jaar wat baie ongeskik teenoor sy ouers was, en dit voor almal teenwoordig. Die ouers het hom eenvoudig geïgnoreer. Waarom nie eenkant met hom sit en hom vertel dat dit nie die manier is om met jou ma of pa te praat nie?.

Jy kry ook ouers wat hul kind in die openbaar sal klap wanneer hulle iets verkeerds doen. Dit is ook onaanvaarbaar. Dit is uiters vernederend vir ‘n kind om geklap te word of met ‘n lyfband geslaan te word. Daar is ander maniere van dissipline wat ouers kan gebruik. Neem sy selfoon weg vir ‘n dag of twee.

Dis deesdae erg vir ‘n kind om sonder sy selfoon te wees. Kyk na ander maniere om jou kind te dissiplineer, maar moenie hom of haar slaan nie.”

Seithati Semenokane

seithati@centralmediagroup.co.za