E Copy

Date:

Besigheid sukkel jare met morsigheid

Die eienaar van Crown Catering in Bloemfontein, Asimina Coetzee, sukkel al baie jare met vuilgoed op die hoek van haar besigheid.

Hierdie vuilgoed sluit menslike afskeidings en vullis in agter ’n elektriese boks wat reg langs die gebou is. Dit veroorsaak ’n vreeslike stank wanneer jy instap.

Volgens Coetzee, wie se besigheid op die hoek van Hillen Krieketstraat is, sukkel sy al vyf jaar met hierdie probleem.

“Dit is verskriklik hier,” sê sy. Coetzee het bygevoeg dat sy alle moontlike maniere probeer het om hulp met die probleem te kry, insluitend die polisie, aangesien rondlopers steeds die area bemors.

Hier kan mens duidelik menslike afskeidings en vullis sien. FOTO: JUSTINE FORTUIN

Bloemfontein Courant het uitgegaan om die area te besoek en met Coetzee oor hierdie saak te praat.

“Die elektriese boks is besig om oor te kantel en as dit omval, sal die hele blok sonder elektrisiteit wees. Die deure is afgebreek, drade is oop en dit is al voorheen vervang. Ek het die munisipaliteit gekontak. Ek het selfs na die gebou gegaan om te kla, maar niemand doen iets nie,” het sy verduidelik.

Sy het verduidelik dat die polisie wel van tyd tot tyd uitkom om die rondlopers weg te jaag, maar hulle kom net terug.

Coetzee voel ’n permanente oplossing moet vir hierdie situasie bedink word aangesien dit haar besigheid raak.

“Die dame van Scotty het gekom om chemikalieë te spuit omdat sy ook die vreeslike stank kon ruik, maar dit het ook nie gehelp nie,” sê Coetzee.

Die publikasie het ook met die raadslid van die wyk gepraat, Pieter Lotriet, wat gesê het hy is bewus van die situasie en hy het ook verskeie pogings aangewend om Coetzee te help.

Volgens hom speel die verandering in demografie in die area ’n groot rol in wat in daardie straat gebeur.

Hy het verder genoem dat die munisipaliteit en polisie ongelukkig nie die kapasiteit het om konstant te verseker dat die area versorg word nie.

“Ek het meegevoel met hierdie besighede, maar hulle moet ook besef dat die stad ’n gebrek aan hulpbronne het en hulle moet hul eie sekuriteit opskerp om te verseker dat hul besighede veilig is,” sê Lotriet.

Verder het die publikasie die munisipaliteit oor hierdie kwessie genader, maar teen druktyd het hulle nog nie geantwoord nie.

 

Justine Fortuin

justine@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...