Besighede help minderbevoorregtes met stryd teen Covid

0
444
Uitverende hoof en stigter van Guardian and Angel, Hester Bekker.

Die Bloemfonteinse organisasie, Guardian and Angel, skop hierdie Vrydag saam met ander besighede in die stad af met hul nuwe “Sanitize as you go”-projek.

Hierdie projek is ‘n eerste van sy soort vir Flexbrands, ER24 en Print CMYK wanneer hulle in Heidedal, Bloemfonteinsentraal, Hilton en Bloemspruit hoop wil gee aan 2520 minderbevoorregtes deur die skenking van produkte wat dié mense sal help om teen Covid te veg.

Uitvoerende hoof en stigter van die organisasie, Hester Bekker, het aan Bloemfontein Courant vertel dat daar in al hierdie gebiede behoeftige mense is waarvan die meeste nie eens maskers en handreiniger kan bekostig nie. “Dit sal ongelooflik baie help om die mense te probeer beskerm teen Covid-19,” sê sy. “Ons hoop om dit op ‘n maandelikse basis te doen.”

Bekker het bygevoeg dat Guardian and Angel deur besighede genader is en dat hulle enige tyd sal probeer om Bloemfontein se mense te help. Die liefdadigheidsaksie vind om 10:00 plaas.

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za