’n Baie besig internasionale rugbyprogram wag die komende naweek. Nie net tree die Super 15-rugbyspanne van Australië en Nieu-Seeland tot die stryd toe nie, maar die Sesnasies-reeks word ook weer voortgesit.
In die Sesnasies-reeks kom die twee voorlopers, Ierland en Frankryk, teen onderskieidelik Engeland en Wallis te staan en die twee wedstryde kan deurslaggewend in vanjaar se reeks wees.
Superrugby:
Vrydag – 08:35: Crusaders teen Chiefs in Christchurch; 19:10: Toyota Cheetahs teen Bulle in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein.
Saterdag – 08:35: Highlanders teen Blues in Dunedin; 10:40: Brumbies teen Reds in Canberra; 17:05: Haaie teen Hurricanes op Kingspark in Durban; 19:10: Leeus teen Stormers op Ellispark in Johannesburg.
Sondag – Waratahs teen Western Force in Sydney.
Sesnasies
Vrydag – 22:00: Wallis teen Frankryk in Cardiff.
Saterdag -15:30: Italië teen Skotland in Rome; 18:00: Engeland teen Ierland op Twickenham.