Bergfietsryers trap vir liefdadigheid

0
510

Alle bergfietsryers word uitgenooi om op 15 Julie die wiele aan die gang te kry by vanjaar se MTB-wedren ten bate van Childline Free State.

Volgens Childline FS se Administrasiebestuurder, Ansie Kinnear, gaan dit ‘n wonderlike geleentheid wees.

“Dit sal ‘n groot uitdaging wees vir die bergfietsryers op die geskiedkundige Onze Rust-landgoed. Kosstalletjies en kindersorg is beskikbaar, asook iets lekker vir die hele gesin. Alle fondse wat ingesamel word, sal gebruik word om dienste te lewer by ons Veilige Parke wat geleë is in Mangaung en Heidedal. Kinders besoek die Veilige Parke ná skool vir ‘n ete, help met hul huiswerk en word lewensvaardighede geleer,” sê Kinnear.

Die MTB-wedren vind by Onze Rust Landgoed plaas en die koste is: 55km – R220, 25km – R170 en 15km – R100.

Skryf in by www.mountaintopadventures. co.za. “Sluit asseblief aan by die pret en bring die hele gesin,” het sy aangemoedig.

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za